Ons Liefdesverhaal
Die pad na liefde is dikwels onvoorspelbaar, maar God se plan staan altyd vas.
Vir Stefan en Scherise het dit alles begin met ‘n drukkie op ‘n Vrydagoggend in Laerskool Mikro se skoolsaal. Twee kinders wat nooit kon dink hulle gaan eendag man en vrou word nie.
Jare later het daardie vriendskap in die hoërskool stadig begin blom. In graad 10 het hulle stilletjies begin omgee vir mekaar. Toe kom matriek, en in Onrus het Stefan uiteindelik moed bymekaar geskraap en vir Scherise gevra om sy meisie te wees. Dit was die begin van ‘n storie wat God self geskryf het.
Op universiteit was daar eksamens, keuses, en nuwe drome. Hulle het elke stap saam gestap, van klas loop, tot byna elke restaurant in Stellenbosch verken. Hulle band het onskeibaar geraak.
Die jare het hulle geleer dat liefde geduld, geloof en lag verg. En op 29 April 2025 het Stefan besluit die tyd is nou. Vir die ouers was dit dalk ‘n bietjie van ‘n verrassing, maar in sy hart het hy al lank geweet.
Daardie dag het hy op een knie gegaan en die groot vraag gevra. Met trane en ‘n vol hart het Scherise "ja" gesê.
Op 29 April 2025 het Scherise, Stefan se verloofde geword, en die vrou van wie hy al jare gedroom het.
Nou stap hulle weer saam ‘n nuwe hoofstuk binne, een waar hulle voor God, familie en vriende hulle lewens en harte aan mekaar gaan verbind.

Inligting
- DATUM: 6 November 2026
- TYD: 14:30 vir 15:00
- RSVP: 1 September 2026
- KLEREDRAG: Semi-Formeel
- VENUE: Deannie Landgoed
Tydlyn
Spesiale Geleenthede
Trouregister
Liefde, lag en herinneringe is al wat ons nodig het. Sou julle ons tog wil bederf, verkies ons 'n kontantbydrae.
Account Holder: Scherise Schreiber
Account Type: Current Account
Discovery Bank
Branch Code: 679000
BIC/SWIFT: DISCZAJJXXX
Account Number: 12045336210
Reference: Naam & Van






Nabygeleë Besienswaardighede
Wynproe
Naby Verblyf
Aanbeveel
VENUE
KAART & LIGGING
- Deannie Landgoed
- Vlaeberg Road, Stellenbosch, 7600
- Kontantlose Stigting
- GEEN Drankies Van Buite Toegelaat
- www.deannielandgoed.co.za
MOET WEET
Wat is die kleredragkode?
Kleredrag: Semi-formeel
Vir ons spesiale dag nooi ons jou uit om semi-formeel aan te trek.
Mans: ’n Netjiese broek en hemp is ideaal. ’n Baadjie en das is heeltemal opsioneel.
Kleurskema: Verkieslik ligte kleure.
Hoe laat moet ek daar wees?
Die seremonie begin stiptelik om 15:00, en ons vra vriendelik dat gaste asseblief 15 minute vroeër arriveer om rustig hul sitplekke in te neem.
Die kroeg is oop een uur voor die seremonie, en gaste is welkom om vooraf drankies op die dek te geniet voordat die seremonie begin.
Ontkoppelde seremonie
Ons is bevoorreg om ’n professionele fotograaf te hê wat ons spesiale dag vasvang, en ons vra vriendelik dat gaste hul selfone en kameras tydens die seremonie wegpak en die oomblik saam met ons geniet.
Ons wil graag hê almal moet ten volle teenwoordig wees terwyl ons hierdie betekenisvolle geleentheid saam vier.
Foto’s en video’s tydens die onthaal is natuurlik meer as welkom.
Kroegbeleid
Neem asseblief kennis dat Deannie Landgoed ’n streng beleid handhaaf rakende geen buitekos of drankies nie.
Die venue beskik oor ’n volledig gelisensieerde en goed toegeruste kroeg vir die gerief en genot van alle gaste.
Neem ook asseblief kennis dat die kroeg kontantloos funksioneer, en kaartbetalingsgeriewe deur die geleentheid beskikbaar sal wees.
Parkering
Gratis parkeerplek sal op die perseel beskikbaar wees vir alle gaste.
Parkeerbeamptes sal beskikbaar wees om u met aankoms te verwelkom en te help met aanwysings vir ’n gemaklike en vlot ervaring.
Onthaaltyd
Ons onthaalviering eindig om 23:30.
Ons hoop julle sal saam met ons dans, vier en elke spesiale oomblik geniet tot en met die heel laaste liedjie.
Drankies En Kroeg
Voordrankies is op ons — daarna sal drankies vir eie rekening wees.
Wat kan ek verwag wat die weer betref?
Dis Kaapstad… Sonneskyn, wind, reën en vier seisoene in een dag is alles moontlik. Ons beveel aan dat jy warm aantrek en ‘n jas saambring, vir ingeval.